Skoolgereedheid
Skoolgereedheid


Wat is skoolgereedheid?

Skoolgereedheid hou verband met die kind se ontwikkeling op vier vlakke:

* sosiale- en emosionele ontwikkeling,
* perseptuele ontwikkeling,
* fisiese of biologiese rypingsvlak en
* intellektuele ontwikkelingsvlak.

'n Kind se sosiale vaardighede en -aanpassingsvermoë bepaal tot 'n groot mate hoe gelukkig die kind by die skool gaan wees.
As 'n kind nie in 'n kleuterskool is nie, kan ouers hulle na 'n speelgroepie neem om sosiale vaardighede te ontwikkel.
Ouers kan oplet of die kleuter maatjies kan maak en gemaklik saam met ander kinders kan speel.


Wat jy kan doen om jou kleuter te help om taalvaardighede te ontwikkel.

Hier is 'n paar wenke oor hoe om jou kleuter te help.
* Maak tyd om oor die skool te gesels.
* Bevredig jou kleuter se natuurlike nuuskierigheid deur sy/haar vrae volledig te beantwoord.
* Ontwikkel 'n liefde vir lees deur die biblioteek gereeld te besoek en help jou kleuter om die boeke te kies wat hy/sy
    sal geniet.
* Ontwikkel 'n voorliefde daarvoor om stories te vertel en moedig hom/haar aan om stories te vertel van sy/haar eie
    ondervindings.
* Lees 'n storie vir jou kleuter in die bed elke aand voor hy/sy slaap.
* Maak jou kleuter bewus van die alfabet. (Is daardie letter 'n 'b' of 'n 'd'?)
* Help jou kleuter om woorde te lees. (Wat is die naam van hierdie etiket?)
* Brei jou kleuter se woordeskat uit met 5 tot 10 woorde elke dag.
* Stel jou kleuter bekend aan die wonder van sinne. (Kan jy dit vir my lees?)



               

Beelde van die Wiskundesillabus

Wat jou kind moet weet en kan doen teen die einde van graad 1.
Getalle: Jou kind se vermoë om met getalle te werk, sal help om 'n natuurlike skakel tussen hom of haar en die wêreld daarbuite te maak. In graad 1 gaan jou kind leer hoe om woordprobleme deur herkenning, beskrywing, opname, vergelykings en organisasie op te los, en antwoorde tot en met 20 te beantwoord.
Patrone: Patrone is orals: Jou hartklop, asemhaling, musiek, skulpe, sandduine en branders wat breek. Getalle vorm ook deel van patrone, byvoorbeeld 2, 4, 6, 8, 10. Jou kind moet in staat wees om, waar moontlik, patrone te kan herken, beskryf en na te boots. Jou kind gaan ook met vorms werk om sy/haar eie patrone te skep.
Ruimte en Vorm: Jy kind gaan oor driedimensionele voorwerpe leer (sfere, balle, bokse, prismas) en tweedimensionele vorms (sirkels, driehoeke en vierkante). Nog iets wat belangrik is, is die verhouding tussen voorwerpe ("Is die driehoek bo of onder die sirkel?")
Mate: Jou kind gaan informele maateenhede gebruik om vas te stel wat die massa van 'n voorwerp is (bv. 'n skaal) lengte (bv. tou, en omvang van die hand) en volume (bv, bottles en houers). Jou kind gaan woorde soos "meer", "minder", "leeg" of "vol" gebruik om te verduidelik wat hy sien.
Tyd: Jou kind gaan leer hoe om tussen die tye van die dag te kan onderskei (oggend, aand), en om 'n almanak te gebruik om die dae van die week en maande van die jaar te kan bepaal.


" Na Bo "

KOPIEREG 2009-2024 KLEUTERS. ALLE REGTE VOORBEHOU.