Kinderstories
Kinderstories


AANLYN STORIES EN KLEUTER KORTVERHALE

Wilma Coetzee Niksie word Ietsie Ietsie kry GIGU-siekte Ietsie se dieet
Ietsie moet kies Ietsie se groot val Mientjie en die tandemuis Katryn verras haar juffrou
Estelle Duvenhage Wouter se droom Benja gaan see toe Wat maak hulle op die strand



Hoekom kinders gek is na sprokies en wat hulle daaruit leer. (Deur Mariette Booysen)

Die wÍreld van stories is een waarin diere praat en olifante vlieg en lelike eendjies in swane verander. Dis 'n wÍreld van prinse en prinsesse en ongekende tydbom, maar ook 'n wÍreld van hekse, drake, seerowers en wolwe wat agter bosse vir klein dogtertjies le en loer. 'n TowerwÍreld waar enigiets moontlik is. Deur vir jou kind te lees en vir hom stories te vertel, ontsluit jy nie net sy verbeelding nie; jy gee vir hom 'n reuse voorsprong ten opsigte van sy intellektuele ontwikkeling. Die vraag is net met watter soort boeke en stories 'n mens jou kind se literÍre reis begin? Met so baie kinderboeke op die rak weet 'n mens nie altyd waarby jou kind die meeste baat sal vind nie. Wel sprokies (ja, dieselfde verhale wat jy en jou ma en jou ouma en jou oumagrootjie met moedersmelk ingeneem het) is 'n uitstekende wegspringplek!

2 - 5 jaar
In hierdie tydperk het jou kind 'n besondere ryk verbeeldingslewe en hy geniet sprokies soos "Rooikappie en die wolf", "Hansie en Grietjie", en "Sneeuwitjie en die sewe dwergies", "Gouelokkies" is ook 'n gunsteling as gevolg van die herhalende element daarin. Jou kind voel tevrede as stories 'n definitiewe begin, middel en einde het, met 'n positiewe afloop. Probleme moet opgelos word en al die los drade moet saamgeknoop word.

6 - 7 jaar
Jou kind beleef 'n tydperk van vreugde en verwondering, maar ook een van intense emosies. Hy reageer geesdriftig wanneer hy 'n storie geniet en hou daarvan om die aksie te dramatiseer. Hy lag en huil en word bang saam met storieboekkarakters. Hy voel ook tevrede wanneer reg en geregtigheid seevier, soos wanneer die reus hom doodval wat in "Jan en die Boontjierank" vir Jan 'n bedreiging inhou. Jou kind geniet oor die algemeen nou sprokies wat 'n klein bietjie meer ingewikkeld is, soos "Aspoestertjie" en "Die Keiser se nuwe klere". Aangesien dit die tydperk is waarin hy leer lees, kan jy hom gerus aanmoedig om die teks met sy ogies te volg en bekende woorde agter jou aan te herhaal.


Die drie klein varkies
Kleuters geniet sprokies soos "Die drie varkies" baie meer as realistiese, eietydse stories. Hierdie sprokie leen hom tot drama en hoe meer jy in navolging van die wolf jou wange bol en hoe harder jy blaas, hoe meer sal jou kind hom in jou vertelling inleef. Op onbewustelike vlak leer jou kind ook 'n belangrike les: as jy lui is en jou plig te versuim, sal jy die negatiewe gevolge daarvan dra. Intelligente beplanning en harde werk aan die ander kant sal jou oor selfs die mees gevreesde vyand - die wolf - laat seevier. Op die dieper vlak is die drie huisies wat die varkies bou, simbolies van die mens se ontwikkeling der die eeue: van 'n strooihuisie tot ' houthuis tot 'n baksteenhuis. Die eerste twee varkies bou so vinnig as wat hulle kan twee lendelam huisies sodat hulle vir die res van die dag kan speel. Hulle gee toe aan die genotsbeginsel sonder 'n gedagte aan die toekoms en sonder om voorsiening te maak vir moontlike gevare. Die tweede varkie toon wel tekens van emosionele groei, want sy woning is so 'n bietjie sterker as die eerste varkie s'n. Net die derde en oudste varkie kry dit reg om sy behoefte om te speel uit te stel en te beplan vir die toekoms. Hy bou vir hom 'n sterk vesting waarin hy veilig kan wees. Hy voorspel ook die gedrag van die wolf korrek en dit stel hom in staat om voorbereid te wees op die wolf wat deur die skoorsteen klim. Die wolf val in 'n pot kookwater en sterf. Natuurlik simboliseer die kwaai wolf alles wat antisosiaal en destruktief en wild binne-in 'n mens self is. Die gevolgtrekking is dat de negatiewe, selfs die wat in 'n mens self skuil, uitoorlÍ en oorwin kan word.


Rooikappie
Deur die verhaal van Rooikappie leer jou kind wat die gevolge van ongehoorsaamheid is. Rooikappie se ma stuur haar na haar ouma toe en beveel haar om nie langs die pad te talm nie. Rooikappie stel egter haar eie behoefte om blomme te pluk eerste en ontmoet die wolf lang die pad. Die wolf simboliseer gevaar en alles wat sleg is. By implikasie leer die storie dat 'n kind nie weet hoe gevaarlik dit is om haar ouer se bevele te verontagsaam nie. Gelukkig is daar 'n positiewe afloop wanneer die jagter vir Rooikappie en haar ouma red. Die dieper betekenis van hierdie storie is spesifiek relevant in 'n wÍreld waar seksuele molestering van klein kindertjies meer dikwels plaasvind as wat ons graag wil erken. Vandaar ouers se vermanings om nie by vreemdelinge in motors te klim of vir hulle die deur oop te maak as ouers nie tuis is nie.


Aspoestertjie
Aspoestertjie is sekerlik internasionaal die heel bekendste sprokie.
Alle kinders verduur een of ander tyd in hulle lewe kritiek tuis en alle kinders moet help met huishoudelike take, maar selfs in hulle donkerste oomblikke kan hulle troos vind in die wete dat dit nie so sleg met hulle gaan soos met Aspoestertjie nie. Die verhaal handel in wese oor die jaloesie en konflik wat deel uitmaak van die verhouding tussen susters. Veral die jongste kind in die gesin voel dikwels dat hy onregverdig behandel word of dat die ander kinders in die gesin deur ouers uitgesonder word. Die storie spreek op 'n diep vlak elke kind se gevoel van minderwaardigheid aan. In sy fantasieŽ is daar niks meer bevredigend as om uiteindelik as "die beste" uit die stryd te tree nie. 'n Ander tema wat uitstaan, is elke kind se behoefte om aanvaar te word. Die nare stiefma en stiefsusters verwerp haar sonder dat sy iets gedoen het om dit te verdien. Wanneer die prins haar bo haar susters verkies, word hierdie feit bekragtig. Meer as enigiets anders bring die verhaal van Aspoestertjie die boodskap tuis dat wense waar kan word.


Sneeuwitjie en die sewe dwergies
Die verhaal van Sneeuwitjie spreek verskeie universele temas aan. Die stiefma is byvoorbeeld die toonbeeld van ydelheid. Sy bestee ure voor die spieŽl en dieselfde refrein klink telkens op: "SpieŽltjie, spieŽltjie aan die wand, wie is die mooiste in die land?" Wanneer die speel in alle eerlikheid antwoord dat Sneeuwitjie mooier as haar stiefma geword het, kan die stiefma dit glad nie hanteer nie en stel sy 'n bose plan in werking om van Sneeuwitjie ontslae te raak. Die karakterisering van die stiefma vertel dat uiterlike skoonheid niks beteken as jy innerlik boos is nie. Op dieper vlak word daar ook verwys na die feit dat ma's, hoewel hulle dit nooit sal erken nie, jaloers raak op hulle mooi, jong dogters wanneer hulle hul adolessente fase betree. Die ma betree gewoonlik in hierdie tydperk haar middeljare en word gekonfronteer daarmee dat sy oud word en sterflik is. Die tienerdogter "onttroon" haar as te ware, veral wat haar begeerlikheid vir die teenoorgestelde geslag betref. Jagters in sprokies simboliseer dikwels ' sterk en beskermende vaderfiguur. Net soos in die storie van Rooikappie is dit 'n jagter wat vir Sneeuwitjie red en in hierdie geval haar lewe spaar. Wanneer Sneeuwitjie vir haar 'n tuiste saam met die sewe dwergies maak, vestig sy haar onafhanklikheid. Sy vind geluk weg van haar ouerhuis af, net soos jou kind ook eendag geluk sal moet vind deur sy eie potjie te krap. Werk is ook 'n sentrale tema in hierdie sprokie. Die dwergies is hardwerkend - werk is eintlik die spil waarom hul lewe draai. Hulle maak dit van die begin af duidelik dat Sneeuwitjie net mag aanbly as sy bereid is om haar deel te doen. Sy word dan die dwergies se huishoudster: kook, maak die beddens op en herstel hulle klere. uiteindelik word Sneeuwitjie 'n tweede keer gered na die stiefma se suksesvolle poging om haar leed aan te doen - die keer deur 'n prins wat haar, net soos in die storie van die slapende skoonheid, wakker soen. In sommige weergawes eindig die sprokie met die woorde:
"Hulle het vir altyd en altyd gelukkig saamgewoon." En hulle het!


Wenke vir stories vertel en lees vir kleuters:
Lees vir jou kind oor onderwerpe wat hom interesseer
Besoek die biblioteek gereeld sodat jou kind sy eie bokke kan uitsoek.
Gesels met hom oor die verskil tussen werklikheid en fantasie.
Deur vir jou kind vrae oor stories te vra, help jy hom om feite te onthou.
Maak gebruik van storie CD's vir motorreise.
Moenie ophou om vir jou kind te lees wanneer hy self begin lees nie.
Maak seker dat jou kind sien dat lees 'n belangrike en genotvolle deel is van grootmense se lewe.





" Na Bo "


KOPIEREG © 2009-2014 KLEUTERS.   ALLE REGTE VOORBEHOU.