Met “My eerste Bybel Doen en Leer Boek”. Die leesboek van 30 bladsye @ R5 vir basiese geletterdheid. Beginnerlesers van enige ouderdom word blootgestel aan letters, syfers en woorde deur middel van die ryk skat van Bybelverhale en hulle kleurvolle karakters.
Hierdie kleurvolle geillustreerde Bybelstorie-reeks is spesiaal geskep vir Ja! Kleuters. Elke storie word vergesel deur 'n gebed om kinders te help om met God te praat, en 'n Christelike waarde wat daarby pas. Hierdie boek help kinders om Ja! Kleuters te wees. 'n Ja! Kleuter se 'n groot Ja! om Jesus te volg en om ’n goeie en gelukkige lewe te leef.
   
   

   

     

Kinders het van nature ’n liefde vir die natuur, en veral diere. Die skrywer gebruik dit as wegspringplek om kinders van God en die Bybel te leer. Elke dagstukkie gebruik 'n dier of insek om die les tuis te bring. Miere, arende, slange, bye, skerpioene, visse en kamele kry elk die geleentheid om die kind iets te leer en vreugde te verskaf met kleurryke, humoristiese illustrasies. Die dagstukkies is kort en eenvoudig, en kinders kan die stukkies self lees of die ouers kan dit aan hulle voorlees. Goggas en gediertes is ideaal vir kinders se stiltetyd of om by huisgodsdiens te gebruik.
Die 101 stories in hierdie Bybelstorieboek sal sorg vir daardie spesiale oomblikke wanneer die kleurvolle illustrasies kinders se verbeelding aangryp en hulle kennis oor bekende stories uit die Bybel uitgebrei word.

Leer jou kind elke dag van God se genade. Genade is God se beste idee. Dit is meer as wat ons verdien en groter as wat
ons kan dink. Maar hoe kan jy die saadjie van hierdie onbeskryflike geskenk in jou kind se hart plant? Kies elke dag vir
Jesus: 365 dagstukkies vir kinders vertel die boodskap van God se genade sodat kinders dit maklik kan verstaan.
Dit is perfek vir gesinne om saam te lees of vir ouer kinders om dit self te geniet.
Elke dag bied ’n dagstukkie
en Skrifgedeelte wat kinders aanmoedig om meer tyd saam met God te spandeer. En omdat dit net so belangrik is om
genade te gee as om dit te ontvang, is daar in elke dagstukkie ’n voorstel vir ak

       
       

   
   

   
   

"Klik net op Tommy se prentjie, dan neem dit jou na die storie."

   
   


Aanlyn Bybelstories vir jou om te geniet saam met jou kleuter.
   

       
       
Die grootste gebod - Matteus 22:34-40
Toe die Fariseërs hoor dat Jesus die Sadduseërs die mond gesnoer het, het hulle bymekaargekom, en een van hulle, 'n wetgeleerde, het Hom met 'n vraag probeer vastrek. "Meneer," vra hy, "wat is die grootste gebod in die wet?" Jesus antwoord hom: "'Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel' Dit is die grootste en die eerste gebod. En die tweede, wat hiermee gelyk staan, is: 'Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.' In hierdie twee gebooie is die hele wet en die profete saamgevat."
Die herderspsalm - Psalm 23Die Here is my herder, ek kom niks kort nie. Hy laat my rus in groen weivelde. Hy bring my by waters waar daar vrede is. Hy gee my nuwe krag. Hy lei my op die regte paaie tot die eer van sy Naam. Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my. In u hande is ek veilig. U laat my by 'n feesmaal aansit, terwyl my teëstanders moet toekyk. U ontvang my soos 'n eregas, ek word oorlaai met hartlikheid. U goedheid en liefde sal my lewe lank by my bly en ek sal tuis wees in die huis van die Here tot in lengte van dae.
Die tien gebooie - Eksodus 20Toe het God al hierdie gebooie aangekondig:
Ek is die Here jou God wat jou uit Egipte, uit die plek van slawerny, bevry het.
Jy mag naas My geen ander gode hê nie.
"Jy mag nie vir jou 'n beeld of enige afbeelding maak van wat in die hemel
daarbo of op die aarde hieronder of in die water onder die aarde is nie.
Jy mag hulle nie vereer of dien nie, want Ek, die Here jou God,
eis onverdeelde trou aan My. Ek reken kinders die sondes van hulle vaders toe,
selfs tot in die derde en vierde geslag van dié wat My haat,
maar Ek betoon my liefde tot aan die duisendste geslag van dié wat My liefhet
en my gebooie gehoorsaam.
"Jy mag die Naam van die Here jou God nie misbruik nie, want die Here sal die
een wat sy Naam misbruik, nie ongestraf laat bly nie.
"Sorg dat jy die sabbatdag heilig hou.
Ses dae moet jy werk en alles doen wat jy moet,
maar die sewende dag is die sabbat van die Here jou God. Dan mag jy geen werk
doen nie, nie jy of jou seun of jou dogter of die man of vrou wat vir jou werk,
of enige dier van jou of die vreemdeling by jou nie.
Die Here het in ses dae die hemel en alles daarin gemaak,
die aarde en alles daarop, die see en alles daarin.
Op die sewende dag het Hy gerus, en daarom het die Here dit as gereelde
rusdag geheilig.
"Eer jou vader en jou moeder, dan sal jy lank bly woon in die land wat
die Here jou God vir jou gee.
"Jy mag nie moord pleeg nie.
"Jy mag nie egbreuk pleeg nie.
"Jy mag nie steel nie.
"Jy mag nie vals getuienis teen 'n ander gee nie.
"Jy mag nie iemand anders se huis begeer nie.
Jy mag nie sy vrou begeer nie, ook nie 'n slaaf of slavin,
n bees of 'n donkie, of enigiets anders wat aan hom behoort nie."
Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing. Teen sulke dinge het die wet niks nie.
Jesus loop op die see - Johannes 6:16-21Toe dit aand word, het Jesus se dissipels na die see toe gegaan, in 'n skuit geklim en weggevaar na Kapernaum toe, oorkant die see. Dit was al donker en Jesus was nog steeds nie by hulle terug nie.
Daarby het die see onstuimig geword, omdat daar 'n sterk wind gewaai het.
Toe hulle sowat vyf of ses kilometer geroei het, sien hulle Jesus op die see loop en naby die skuit kom, en hulle het bang geword.
Maar Hy sê vir hulle: "Dit is Ek; moenie bang wees nie."
Hulle was toe gewillig om Hom in die skuit te neem, en daarna het die skuit by die land aangekom waarheen hulle op pad was.
Toe Jesus dit hoor, het Hy met 'n skuit daarvandaan weggegaan na 'n stil plek om alleen te wees. Die mense het hiervan gehoor en Hom van die dorpe af te voet gevolg. Toe Hy uit die skuit klim, het Hy die groot menigte mense daar gesien. Hy het hulle innig jammer gekry en die siekes onder hulle gesond gemaak. Toe dit al aand begin word, het sy dissipels vir Hom kom sê: "Dit is 'n afgelee plek en dit het al laat geword. Stuur die mense terug dat hulle vir hulle kan gaan kos koop in die dorpe." Maar Jesus sê vir hulle: "Hulle hoef nie weg te gaan nie. Gee julle vir hulle iets om te eet." Hulle sê toe vir Hom: "Ons het hier net vyf brode en twee visse." "Bring dit vir My hier," sê Hy. Hy het die menigte beveel om op die groen gras te gaan sit om te eet. Toe neem Hy die vyf brode en die twee visse, kyk op na die hemel en vra die seën. Daarna het Hy die brood gebreek en dit aan sy dissipels gegee, en hulle het dit aan die mense gegee. Al die mense het geëet en genoeg gekry, en hulle het nog twaalf mandjies vol bymekaargemaak van die stukke brood wat oorgebly het. Daar was omtrent vyf duisend mans wat geëet het, afgesien van die vrouens en kinders.
   
   

   
   
Waar staan dit in die Bybel?
|
