Vuur
Vuur


   


NUUT!   KAMP AKTIWITEITE OM IN TE KLEUR


MOENIE MET VUUR SPEEL NIE!

     


Maak jou eie boks brandweerwa


Skryf nommers 123:   Brandweerman & Brandweervrou & Brandweerhoed

Brandweerman Bertus                

Dis hoe brandweermanne mense optel tydens 'n brand.
 

Knip oefening met vuur

           

Optel somme:  A     B     C

   

Vuur nommer 1 2 3 4 5 legkaarte

   

       

   

Ontwerp jou eie brandweerman wapen





Sudoku vir kleuters

   

Vul die regte syfers in oefening

     

Maak jou eie horlosie

   

(Klik op die woord en "save" dan na jou rekenaar. Maak van jou rekenaar die legkaart.exe file oop)

Legkaarte: 2 Brandweermanne wat 'n vuur probeer blus

         

Snap kaarte

         


Hierdie inligting is van www.tshwane.gov.za se webwerf opgestel deur Johan Pieterse.

Inligting omtrent die Brandweer vir laerskool leerders

Die brandweer se leuse is: Semper paratus (dit beteken "altyd gereed")

Hoe versprei brande?
Brande versprei as gevolg van suurstof, vlambare materiaal en hitte. Hoe meer daar van elkeen van hierdie betrokke is, hoe vinniger versprei die brand.

Die driehoek van ontbranding
* Hitte
* Suurstof
* Vlambare materiaal (materiaal wat maklik aan die brand slaan)



Hoe en wanneer moet ek die brandweer laat kom?
Waar daar `n rokie is, is daar `n vuur.
Stel ondersoek in en bel die brandweer as jy vlamme sien. As daar rook by `n huis of gebou uittrek, moet jy onmiddellik die brandweer bel. BLY BUITE!

Die brandweer se nommer is: 10177

Hoe rapporteer ek `n brand
* Praat duidelik.
* Gee die korrekte straatnaam en -nommer en, indien moontlik, die naaste dwarsstraat.
* Sê in watter voorstad is die brand. (Thaba Tshwane, Sunnyside, Atteridgeville)
* Baie belangrik: sê WAT BRAND.
* Laat jou telefoonnommer sodat die brandweer jou kan terugskakel as hulle meer inligting nodig het.

Vals alarms
Jy mag NOOIT vals alarms deurgee na die Brandweer nie. As jy gevang word sal jou ouers `n groot boete kry.

Hoe word brande geklassifiseer
* Klas A brande: Hout, gras, rommel.
* Klas B brande: Vlambare vloeistowwe (bv petrol, paraffien en olie)
* Klas C brande: Elektriese brande
* Klas D brande: Metale (bv magnesium en potyster)

Die brandweer se toerusting
Hulle uitrusting (klere) bestaan uit -
* `n brandpak;
* stewels;
* `m brandhelm;
* asemhalingsapparaat;
* handskoene; en
* `n flits

Hulle het ook toerusting soos -
* brandslange;
* spuitpunte;
* toue;
* lere; en
* reddingstoerusting

Daar is ook toerusting op die brandweermasjien, naamlik -
* lere;
* brandslange;
* toue;
* inbreek toerusting vir noodgevalle;
* skuim;
* meganiese kake ("jaws of life");
* asemhalingsapparaat;
* spuitpunte;
* brandkraantoerusting; en
* padkaarte

Gevare vir brandweerpersoneel
Brandweermanne/-vroue word aan baie gevare blootgestel, soos -
* hoë temperature;
* rook (wat hulle kan inasem);
* giftige gasse
* strukture wat kan intuimel;
* gasontploffings
* vlambare vloeistof (wat kan ontplof); en
* hitte-uitputting

Hoe kan ek `n brandweerman/-vrou word?
Jy kan `n brandweerman/-vrou word as jy -
* matriek geslaag het;
* tussen 18 en 25 jaar oud is;
* medies geskik is (baie gesond is);
* tweetalig is, of meer as twee tale kan praat;
* die fisieke toetse kan slaag;
* daarvan hou om jou medemens te help;
* oor baie uithouvermoë beskik;
* lojaal en eerlik is; en
* te alle tye mense en eiendom sal beskerm.

Brandweerpersoneel moet studeer om bevordering te kry.
Elke brandweerman/-vrou begin as `n leerling-brandweerman/-vrou en kan bevorder word na gelang van hulle kwalifikasies. Hier is die range:
* Leerling-brandweerman/-vrou
* Senior-brandweerman/-vrou
* Leier-brandweerman/-vrou
* Stasie-offisier
* Divisie-offisier
* Assistant hoof
* Adjunkhoof
* Brandweerhoof

Daaglikse take
Brandweerpersoneel se daaglikse take behels die volgende:
* Die toets en nagaan van alle toerusting
* Die toets en nagaan van voertuie
* Die skoonmaak van voertuie en toerusting
* Administratiewe werk
* Reageer op alle nood oproepe

ONTHOU! `n Brandweerman/-vrou is jou vriend, nie jou vyand nie!



" Na Bo "


KOPIEREG 2009-2024 KLEUTERS. ALLE REGTE VOORBEHOU.