Visuele persepsie
Voorbeelde van aktiwiteite:
Instruksies, bv. raak met jou hand aan jou knie, ens.
Identifiseer liggaamsdele aan 'n pop
Trek hande af op papier en knip dit uit
Legkaarte van liggaam (kinders kan self een maak deur 'n prent uit te knip)
Visuele diskriminasie (die vermoë om ooreenkomste en verskille waar te neem)
Voorbeelde van aktiwiteite:
Ou tydskrif kind moet bv. al die s'e en r'e omkring
Bingo / Lotto speletjies (soek sy maat)
Visuele geheue (die vermoë om stimuli, deur die oë waargeneem, te kan onthou)
Voorbeelde van aktiwiteite:
Plaas ongeveer 6 voorwerpe op 'n skinkbord kind kyk ongeveer 3 sekondes bedek kind moet opnoem wat hy gesien het / neem 1 voorwerp weg kind moet sê wat verwyder is
Flits prent kind moet vertel wat hy gesien het
Audibloks visuele kaarte
Visuele vormkonstantheid (die vermoë om die konstantheid van vorms waar te neem, ongeag hul grootte, kleur, oriëntasie in die ruimte, ens.)
Voorbeelde van aktiwiteite:
Vormspeletjies, bv. vormbord / lotto
Uitsoek van dieselfde vorms en benoeming daarvan
Assosiasie van vorms met voorwerpe, bv. ? (horlosie); ? vuurhoutjiedosie
Posisie in die ruimte (die persepsie van die verhouding van 'n voorwerp tot die waarnemer)
Voorbeelde van aktiwiteite:
Rigtingspeletjies, bv. wie staan voor / agter / links / regs van jou?
Na-pak van patrone met blokkies of pennetjies
Voorgrond-/agtergrondpersepsie (die vermoë om op relevante visuele inligting te fokus en dit van ander minder belangrike inligting te onderskei)
Voorbeelde van aktiwiteite:
Soek spesifieke voorwerpe in 'n besige prent
Soek spesifieke voorwerpe in die omgewing, bv. palmboom
Omlyn voorwerpe wat mekaar oorvleuel
Legkaarte
Visuele sluiting (die vermoë om inligting aan te vul en te voltooi wanneer sekere gedeeltes ontbreek)
Voorbeelde van aktiwiteite:
Kind moet onvoltooide tekening voltooi
Visuele analise en sintese (die vermoë om 'n prent of voorwerp as 'n geheel waar te neem, dit op te breek in dele en weer sinvol saam te voeg)
Voorbeelde van aktiwiteite:
Legkaarte
Dot-to-dot (na-teken van kolpatroon)
Na-pak van patrone (boublokke)
Leerders met visuele perseptuele agterstande ondervind probleme in alle aspekte van
leer (bv. lees, skryf, Wiskunde), aangesien bogenoemde aspekte die grondslag vorm vir skolastiese vaardighede.
Visuele motor oefeninge van rigting
                       
Sport balle
                       
Volg die voorbeeld
" Na Bo "