Klein Pelgrim Lees en Skryf Program
Klein Pelgrim Lees en Skryf Program


Klein Pelgrim Lees en Skryf Program is 'n Afrikaanse foneties (klank) gebaseerde lees en skryf program met Christelike waardes.

Klanke word een vir een aangeleer d.m.v. 'n klankstorie gepaardgaande met 'n lieflike A4 inkleurprent. Hierdie inkleurprent lyk baie soos die letter wat aangeleer word.


Die program bevat Bybelverse, liedere en voorstelle wat aanpas by die tema van die klankstorie. Verder word daar praktiese voorstelle gegee om die klank en letter vas te lê.

Die program bevat ook 'n klanksamesmelting en woordelys (ongeveer 70 bladsye), pragtige kleurprentjies (soortgelyk aan die voorbeeld van die singende seuntjie hierbo) en Afrikaanse spelreëls.

Dit neem ongeveer een jaar om deur die program te werk met uitsondering van die spelreëls.

Die ouderdom verskil van kind tot kind, maar ek beveel dit aan vir Afrikaans sprekende kinders tussen die ouderdomme van vyf en sewe. Dit kan ook gebruik word om ouer kinders of selfs ongeletterde volwassenes te leer lees.
Dit is redelik goedkoop en gee ouers rustig kans om oor kurrikulum te besin, terwyl hulle hul kinders reg leer lees en skryf.

Hierdie program bestaande uit ongeveer 380 bladsye is tans op laserskyf (CD) beskikbaar.

Kontak my gerus indien jy meer inligting verlang.

Prys: R125-00 (posgeld uitgesluit)
Kontakpersoon: Annemarie Marais
Tel: 072-2463503 of 012-6610694


KOPIEREG 2009-2020 KLEUTERS.   ALLE REGTE VOORBEHOU.