Leesboeke: Graad 4 - 6
Leesboeke: Graad 4 - 6


Kinders behoort in hulle vrye tyd en in die vakansies te lees en oefen om 'n liefde vir lees te ontwikkel.

"Klik net op die boekie se prentjie wat jy in belangstel; dan neem dit jou direk na waar jy dit kan aankoop."

   

   

   

   

     

Liplekker leesdinge (Vlak 1) is een van die titels in die KABV goedgekeurde Kroonsteen-leesreeks van Best Books. Die reeks is ontwikkel op ses leesvlakke vir leerders in die Intermediere Fase (graad 4 tot 6) en bestaan uit altesaam 18 leesboeke wat fiksie en niefiksie leesstof insluit. Liplekker leesdinge bevat verskeie soorte niefiksie tekste soos koerantberigte, e-posse, boodskappe, boek resensies, pamflette, uitnodigings, advertensies, plakkate, tongknopers, raaisels, grappies, ensovoorts, wat leerders gaande oor lees gaan maak. Die begeleidende vrae, woordverklarings en taal pret het ten doel om die betekenis van die tekste maklik te ontsluit sodat leerders begrip, genot en waardering vir Afrikaans kan ontwikkel en hul leesvaardigheid bevorder. Die Boek 3-reeks bevat ses bundels: Liplekker leesdinge - Vlak 1 (Graad 4); Liplekker leesdinge - Vlak 2 (Graad 4); Liplekker leesdinge - Vlak 3 (Graad 5); Liplekker leesdinge - Vlak 4 (Graad 5); Liplekker leesdinge - Vlak 5 (Graad 6); Liplekker leesdinge - Vlak 6 (Graad 6).

   

   

Eers wil ek iets net baie duidelik maak: Hierdie is 'n Joernaal en nie 'n dagboek nie. Ek weet wat dit op die omslag se, maar toe Ma hierdie ding gaan koop het, het ek spesifiek gevra om een te kry waarop daar nie "dagboek" staan nie. Die enigste rede hoekom ek enigsins ja gese het vir die ding, is sodat ek dit eendag kan gebruik as ek ryk en beroemd is. Maar nou is ek eers vasgekeer tussen 'n klomp morone. Vandag is die eerste dag van skool. Toe dink ek ek kan maar netsowel in hierdie boek skryf om die tyd vinniger te laat verbygaan.

     


" Na Bo "


KOPIEREG 2009-2018 KLEUTERS.   ALLE REGTE VOORBEHOU.