Jan de Wet Lofkleuter Nog Bybelstories en -liedjies bestaan uit 25 verhale met bypassende liedjies op 'n ingeslote CD. Elke Bybelverhaal het ook 'n eenvoudige gebed en 'n waarde wat met kleuters bespreek kan word, wat die boodskap kortliks weergee. Die illustrasies is kleurvol en ontwerp om gesprekke met kleuters te stimuleer.
Die Jan de Wet Lofkleuter lof-tassie bestaan uit 'n boks gevul met ses verskillende items: 'n inkleurboek met prente van 25 Bybelstories, 'n pretboek met 16 sinvolle pretvelle vir perseptuele ontwikkeling, 'n "Kom bid saam gebede-inkleurboek met 16 gebede geskryf vir kleuters, plakkers, 'n plakkerboek en 'n legkaart. Dit is ontwerp om die perfekte bêreboks te wees vir al die Lofkleuter-produkte. Die aktiwiteite is ontwerp om saam met Lux Verbi.BM se Jan de Wet Lofkleuter-Bybel gebruik te word en sal kleuters ure lank sinvol besig hou. Dit is ideaal vir gebruik by Sondagskole, dagsorgsentrums of kleuterskole, of om kleuters tuis op 'n sinvolle manier besig te hou. Die produk is opvoedkundig ontwerp om nie net by die kleuter se ontwikkelingsvlak te pas nie, maar ook stimulasie te verskaf en gebruik te word om skoolgereedheid aan te wakker.
