Voorskool
Voorskool


"Klik net op die boekie se prentjie wat jy in belangstel; dan neem dit jou direk na waar jy dit kan bestel."

voorskool Die handleiding bevat lesplanne vir elke dag en is saamgestel volgens die Nasionale Kurrikulumraawerk vir kinders van geboorte tot vier jaar om onderwysers, onderrigpraktisyne, ouers en oppassers te help om hulle peuters, kleuters en kinders op pad na Graad R te onderrig op 'n speelse manier.

Elke week (daar is 40 weke) begin met 'n spinnekopdiagram, agtergrondinligting oor die vaardigheidontwikkeling van die week, en begin dan met 'n sirkelaktiwiteit vir elke dag (met twee addisionele aktiwiteite) wat u met die kind doen en eindig met 'n storie. Dit bevat ook 'n "Bak-en-brou"-aktiwiteit aan die einde van die week waar die kind eetbare voorwerpe maak (soos 'n varkkoekie wat by die "Plaasdiere"-tema aansluit asook 'n poppekasstorie.

Die handleiding bevat
*aktiwiteite wat al die ELDA's (vroeë leerontwikkelingsareas soos "Kreatiwiteit", "Welsyn", ens., dek. & agtergrondinligting oor die voorskoolse program.
*wenke vir aktiwiteite wat met behulp van goedkoop en maklik verkrygbare materiale voltooi kan word.
*basiese konsepte wat die kind moet leer.
*temas soos "Ek", "My liggaam", "Diere" (met aparte temas soos "Voëls", "Troeteldiere" en "Plaasdiere"), en "My omgewing", ens.

Die handleiding sal u help om u kind suksesvol na Graad R te vorder. Die doel van die handleiding is om kinders speel-speel op te voed en hulle vaardighede te ontwikkel.


voorskool

Die NUWE ALLES-IN-EEN Voorskoolse Aktiwiteitsboek is saamgestel om
* ouers
* opvoeders
* praktisyne
* versorgers
te help wat hul kinders 'n voorsprong wil gee.

Hierdie aktiwiteitsboek is saamgestel volgens NKV.

Verskaf aktiwiteite wat praktiese vaardighede ontwikkel.

Sluit vroeë leer- en ontwikkelingareas (ELDAs) in.

Help kleuters/jong kinders ontwikkeling aan.

Moedig kreatiwiteit & kleinspierontwikkeling aan. Sluit 2D- & 3D-aktiwiteite in.


Die tweede aktiwiteitsboek sluit aan by temas wat in die eerste boek gedoen is, en brei daarop uit met dertig splinternuwe 3D en 2D volkleuraktiwiteite. 'n Verwyderbare handleiding in die middel van die boek bied praktiese wenke vir elke aktiwiteit en tema. Wenke word byvoorbeeld gegee vir bewegingsaktiwiteite, liedjies en rympies en die oordra van algemene agtergrondkennis. Dit verduidelik ook hoe die handwerkaktiwiteite aangepak moet word.

Temas wat behandel word, sluit in, bv.: "Goggas", "Water", "My klere en liggaam", "Plaasdiere", "Diere wat binne en buite die water woon".

Die verskillende ouderdomme voorskoolse kinders verskil geweldig van mekaar ten opsigte van liggaamlike en emosionele ontwikkeling. Daarom is al die wenke duidelik gegradeer vir peuters, kleuters en kinders op pad na Graad R.

Die Voorskoolse aktiwiteitsboek 1 en 2 is al wat u nodig het om leermateriaal vir kinders van 18 maande tot vyf jaar te bied. Dit word ook in Graad RR (groep 3) gebruik.


In hierdie fassinerende klankboek kan kinders verskillende wilde diere in verskillende omgewings leer ken. Die realistiese klanke en interessante feite op elke bladsy sal enige kind lank vermaak!

     



voorskool


" Na Bo "
KOPIEREG 2009-2024 KLEUTERS. ALLE REGTE VOORBEHOU.