Alles-InEen
Alles-In-Een vir Graad 1, 2 & 3

"Klik net op die boekie se prentjie wat jy in belangstel; dan neem dit jou direk na waar jy dit kan bestel."

Die Nuwe Alles-In-Een Alles wat jou kind nodig het om Graad 1 te slaag- boekpak bevat drie werkboeke met alles wat jou kind nodig het om sukses in wiskunde-, spel-, lees- en skryfvaardighede te behaal, ontwikkel vir die Suid-Afrikaanse kind in Graad 1,2 & 3.

       

Die Nuwe Alles-In-Een se Pret met spel-werkboek vir Graad 1 Huistaal sal kinders opgewonde maak oor spelling en klanke! Hierdie boek bevat meer as 30 kaart-, bord- en bewegingspeletjies wat die voorgeskrewe klanke, asook sig- en spelwoorde op 'n prettige wyse inoefen. Die speletjies gaan gepaard met werkvelle ter inskerping. Stap vir stap voorafriglyne word gegee vir die onderwyser of ouer oor hoe om die speletjies aan te bied.

Wanneer spelling met innoverende speletjies vol beweging en aksie - wat ook groot motoriese vaardighede ontwikkel - onderrig word, sal die kind in Graad 1 die werk met vreugde en opwinding aanpak en nie verveeld raak nie. Die onderrig van spelling met een prettige speletjie na die ander maak kinders en ouers en onderwysers lus om te spel.

Die werkboek vir Graad 1 gee in besonder aandag aan die leer van die verskillende klanke, en die lees en skryf van woorde wat die klanke bevat. Die eerste 180 hoëfrekwensie-sigwoorde word geoefen.

       

Wiskunde-angs is 'n werklikheid wat kinders - en hul ouers - se lewens versuur en uiteindelik ook beroepskeuses beperk. Onder die redes daarvoor is dat basiese syfervaardighede kleintyd nie deeglik vasgelê word nie, en dat Wiskunde so aangebied word dat kinders belangstelling verloor. Om suksesvol in Wiskunde te wees, moet 'n kind onder meer 'n parate of outomatiese kennis van getalle en die vier hoofbewerkings hê, sodat dit oombliklik, sonder om te dink, opgeroep kan word. Best Books se Pret met Wiskunde-reeks vir die Grondslagfase vergemaklik die verwerwing van die kennis met verbeeldingryke aktiwiteite wat dit maklik en lekker maak om vaardighede stap vir stap in te oefen en heeltemal te bemeester. So word 'n stewige grondslag vir die kind se hele skoolloopbaan gelê.

Die Nuwe Alles-In-Een Pret met Wiskunde-werkboeke vir Graad 1-3 volg die KABV-kurrikulum en toon aan wat deur die jaar van jong leerders verwag word. Die werkboeke bestaan uit oefenbladsye, werkvelle en 'n volkleurspeletjie per kwartaal. Oefenbladsye oefen parate vaardighede in, die werkvelle bevorder kreatiewe denke en probleemoplossing, en die speletjies help om vaardighede verder in te skerp. Al die vereiste inhoudsareas word gedek: patrone, funksies en algebra; getalle, bewerkings en verwantskappe; ruimte en vorm; datahantering; en meting. Die boeke is geskik vir gebruik in die klaskamer en tuis.

       

Die oefeninge in die Nuwe Alles-In-Een se leer lees en skryf-werkboek vir Graad 1 Huistaal sal leerders taalvaardig maak en prestasie verseker!

Die leeslesse op die werkvelle in die werkboek is gegradeer en bied klanke stap vir stap aan. Dit neem ook sigwoordeskat en sinskonstruksie wat 'n Graad 1- leerder moet leer, in ag. Die leeslesse word opgevolg met toepaslike woordbou- en taaloefeninge wat die leerder moet voltooi. Die leerder kry ook uitknipbare "Eie leesboeke" om klanke en sigwoorde te herken en te benoem.

Die betrokke klank(e) word met behulp van handskrifstrokies ingeskerp om die leerder se potloodgreep en skrif te oefen. Die leerder skryf die klanke, teken patrone (wat soortgelyk aan die vorm van die klank is) en skryf sinne.

Die handskrifoefeninge is in die regte lettertipe en reëlspasiëring sodat dit die leerder in staat stel om elke klank korrek te skryf.

Die oefeninge is in regte volgorde waarin die leerder dit in die klas sal leer volgens die vereistes van die KABV.

   

" Na Bo "

KOPIEREG 2009-2024 KLEUTERS. ALLE REGTE VOORBEHOU.