Kinder Bybelverhale
Kinder Bybelverhale


"Klik net op die prentjie wat jy in belangstel; dan neem dit jou direk na waar jy dit kan bestel."

   

Lees, luister en geniet die Bybelverhale, -liedjies en illustrasies saam met jou kleuter. Die Bybelverhale is geskryf om saam met liedjieopnames gebruik te word. Terwyl elke Bybelverhaal met groot sorg getrou aan die Skrif oorvertel word, is die taalvlak en -vermoë en die ontwikkeling van 'n gesonde Godbegrip by die kleuter in ag geneem by die skep van hierdie publikasie. Deurgaans word Bybelse waardes deur die teks en illustrasies beklemtoon. Gebruik die illustrasies om gesprekke met jou kleuter te stimuleer.



Die Wonder van die Skepping: 100 dagstukkies oor God en wetenskap is die derde boek in Louie Giglio se gewilde dagstukkie-reeks vir kinders oor God en die wetenskap. Soos met die vorige boeke in hierdie gewilde reeks, sal dit kinders aangryp en hulle wys God se ontwerpplan is regtig wonderlik. In hierdie dagstukkies nooi bekende pastor Louis Giglio kinders om te dink oor die dinge in ons alledaagse lewe. Temas wat gedek word sluit in: die Aarde, die buitenste ruim, die menslike liggaam en diere. Die volkleur boek is vol prettige kleurillustrasies en foto’s wat die skoonheid vasvang van die wêreld waarin ons leef. Dit beloof om kinders se begrip van die heelal uit te brei, en hul geloof in ons Skepper-God te versterk. Elke dagstukkie bevat 'n wetenskaplike gedeelte met interessante feite en eksperimente wat die kinders self of saam met hul ouers kan doen, 'n "Verwonder jou'' gedeelte, asook 'n gepaste Bybelvers en gebed.



Op die hakke van Liedjies vir Pikkies en Peuters (2017) volg vroeëkindontwikkelingspesialis Gertie Smit se nuwe boek met 40 oorspronklike Afrikaanse Bybelliedjies en -stories: oor karakters soos Jona, Moses en Daniël, liedjies wat goeie waardes aanleer, bv. om nie te jok nie, sowel as gebedjie-liedjies. Daar is ook 6 bekende Bybelverhale verwerk tot musiekstories. Die CD bevat al die liedjies in die boek, pragtig vertolk deur Marlie Katzke en Andre Terblanche.


   

My eerste Bybel Doen en Leer Boek, 'n leesboek van 42 bladsye vir basiese geletterdheid waar beginnerlesers van enige ouderdom blootgestel word aan letters, syfers en woorde deur middel van die ryk skat van Bybelverhale en hulle kleurvolle karakters.


Oom Angus en Snowy deel stories oor die lewe op die plaas en die lewe saam met Jesus.

Spring in die saal vir 'n prettige rit op die plaas saam met oom Angus en sy perd Snowy. Snowy is baie lief vir Jesus en luister elke dag wanneer oom Angus sy Bybel lees en bid. Hulle is beste maatjies en werk hard saam op die plaas.

Snowy deel plaasstories waarby kinders sal aan-klank vind en lewenslesse leer, soos die keer toe Snowy vriende wou maak met Big Stuff, 'n baie kwaai en knorrige perd. Of die keer toe Snowy bang was om deur die rivier te gaan en oom Angus hom gehelp het om sy vrees te oorkom.

Elke storie word gekomplementeer met 'n teksvers, gebed en prettige aktiwiteit met 'n plaastema. Die aktiwiteite sluit in legkaarte, soek die verskil en doolhowe.

Die 11 stories met hulle avontuurlike aktiwiteite sal Snowy sommer gou 'n gunsteling maak van kinders tussen 5 en 8 jaar.


Die grootste gebod - Matteus 22:34-40

Toe die Fariseërs hoor dat Jesus die Sadduseërs die mond gesnoer het, het hulle bymekaargekom, en een van hulle, 'n wetgeleerde, het Hom met 'n vraag probeer vastrek. "Meneer," vra hy, "wat is die grootste gebod in die wet?" Jesus antwoord hom: "'Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel' Dit is die grootste en die eerste gebod. En die tweede, wat hiermee gelyk staan, is: 'Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.' In hierdie twee gebooie is die hele wet en die profete saamgevat."

Die herderspsalm - Psalm 23

Die Here is my herder, ek kom niks kort nie. Hy laat my rus in groen weivelde. Hy bring my by waters waar daar vrede is. Hy gee my nuwe krag. Hy lei my op die regte paaie tot die eer van sy Naam. Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my. In u hande is ek veilig. U laat my by 'n feesmaal aansit, terwyl my teëstanders moet toekyk. U ontvang my soos 'n eregas, ek word oorlaai met hartlikheid. U goedheid en liefde sal my lewe lank by my bly en ek sal tuis wees in die huis van die Here tot in lengte van dae.

Die tien gebooie - Eksodus 20

Toe het God al hierdie gebooie aangekondig:
Ek is die Here jou God wat jou uit Egipte, uit die plek van slawerny, bevry het. Jy mag naas My geen ander gode hê nie. "Jy mag nie vir jou 'n beeld of enige afbeelding maak van wat in die hemel daarbo of op die aarde hieronder of in die water onder die aarde is nie. Jy mag hulle nie vereer of dien nie, want Ek, die Here jou God, eis onverdeelde trou aan My. Ek reken kinders die sondes van hulle vaders toe, selfs tot in die derde en vierde geslag van die wat My haat, maar Ek betoon my liefde tot aan die duisendste geslag van die wat My liefhet en my gebooie gehoorsaam. "Jy mag die Naam van die Here jou God nie misbruik nie, want die Here sal die een wat sy Naam misbruik, nie ongestraf laat bly nie. "Sorg dat jy die sabbatdag heilig hou. Ses dae moet jy werk en alles doen wat jy moet, maar die sewende dag is die sabbat van die Here jou God. Dan mag jy geen werk doen nie, nie jy of jou seun of jou dogter of die man of vrou wat vir jou werk, of enige dier van jou of die vreemdeling by jou nie. Die Here het in ses dae die hemel en alles daarin gemaak, die aarde en alles daarop, die see en alles daarin. Op die sewende dag het Hy gerus, en daarom het die Here dit as gereelde rusdag geheilig. "Eer jou vader en jou moeder, dan sal jy lank bly woon in die land wat die Here jou God vir jou gee. "Jy mag nie moord pleeg nie. "Jy mag nie egbreuk pleeg nie. "Jy mag nie steel nie. "Jy mag nie vals getuienis teen 'n ander gee nie. "Jy mag nie iemand anders se huis begeer nie. Jy mag nie sy vrou begeer nie, ook nie 'n slaaf of slavin, n bees of 'n donkie, of enigiets anders wat aan hom behoort nie."

Die vrug van die Gees - Galasiers 5:22

Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing. Teen sulke dinge het die wet niks nie.

Jesus loop op die see - Johannes 6:16-21

Toe dit aand word, het Jesus se dissipels na die see toe gegaan, in 'n skuit geklim en weggevaar na Kapernaum toe, oorkant die see. Dit was al donker en Jesus was nog steeds nie by hulle terug nie.
Daarby het die see onstuimig geword, omdat daar 'n sterk wind gewaai het. Toe hulle sowat vyf of ses kilometer geroei het, sien hulle Jesus op die see loop en naby die skuit kom, en hulle het bang geword. Maar Hy sê vir hulle: "Dit is Ek; moenie bang wees nie." Hulle was toe gewillig om Hom in die skuit te neem, en daarna het die skuit by die land aangekom waarheen hulle op pad was.

Vyf brode en twee visse - Matteus 14:13-21

Toe Jesus dit hoor, het Hy met 'n skuit daarvandaan weggegaan na 'n stil plek om alleen te wees. Die mense het hiervan gehoor en Hom van die dorpe af te voet gevolg. Toe Hy uit die skuit klim, het Hy die groot menigte mense daar gesien. Hy het hulle innig jammer gekry en die siekes onder hulle gesond gemaak. Toe dit al aand begin word, het sy dissipels vir Hom kom sê: "Dit is 'n afgelee plek en dit het al laat geword. Stuur die mense terug dat hulle vir hulle kan gaan kos koop in die dorpe." Maar Jesus sê vir hulle: "Hulle hoef nie weg te gaan nie. Gee julle vir hulle iets om te eet." Hulle sê toe vir Hom: "Ons het hier net vyf brode en twee visse." "Bring dit vir My hier," sê Hy. Hy het die menigte beveel om op die groen gras te gaan sit om te eet. Toe neem Hy die vyf brode en die twee visse, kyk op na die hemel en vra die seën. Daarna het Hy die brood gebreek en dit aan sy dissipels gegee, en hulle het dit aan die mense gegee. Al die mense het geëet en genoeg gekry, en hulle het nog twaalf mandjies vol bymekaargemaak van die stukke brood wat oorgebly het. Daar was omtrent vyf duisend mans wat geëet het, afgesien van die vrouens en kinders.

Waar staan dit in die Bybel?

Daniël oor sy geloof in 'n leeukuil gegooi
Daniël 6
Dawid en Goliat
1 Samuel 17
Die dogter van Jaïrus
Lukas 8:40-56
Die doop van Jesus
Matteus 3:13-17
Die gawes van die Gees
1 Korintiërs 12:1-11
Die geboorte van Jesus Christus
Matteus 1:18-25
Die gelykenis van die ryk dwaas
Lukas 12:13-21
Die gelykenis van die saaier
Matteus 13:1-9; 18-23
Die gelykenis van die verlore muntstuk
Lukas 15:8-10
Die gelykenis van die verlore skaap
Lukas 15:1-7
Die gelykenis van die verlore seun
Lukas 15:11-32
Die genesing van 'n melaatse
Matteus 8:1-4
Die groot opdrag
Matteus 28:16-20
Die grootste gebod
Matteus 22:34-40
Die Hemelvaart
Handelinge 1:1-11
Die Herderspsalm
Psalm 23
Die Kruisiging
Matteus 27:32-54
Die liefde
1 Korintiërs 13
Die Onse Vader
Matteus 6:5-15 & Lukas 11:1-13
Die Opstanding
Matteus 28:1-10
Die opwekking van Lasarus
Johannes 11:1-44
Die Nagmaal
Matteus 26:17-30
Die Paasfees
Eksodus 12
Die skepping en sonde
Genesis 1-3
Die tien gebooie
Eksodus 20:1-17 & Deuteronomium 5:6-21
Die toring van Babel
Genesis 11:1-9
Die verlamde man
Matteus 9:1-8
Die vrug van die Gees
Galasiërs 5:22
Jesus en die kindertjies
Lukas 18:15-17
Jesus genees tien melaatse mans
Lukas 17:11-19
Jesus het opgestaan
Lukas 24:1-12
Jesus loop op die see
Johannes 6:16-21
Jesus maak die storm stil
Matteus 8:23-27
Jesus word begrawe
Lukas 23:50-56
Jesus word gekruisig
Lukas 23:26-43
Vyf brode en twee vissies
Matteus 14:13-21


" Na Bo "

KOPIEREG 2009-2024 KLEUTERS. ALLE REGTE VOORBEHOU.