Kinderstories op CD
Kinderstories op CD

As jy jou wil slap lag, moet jy 'n slag gaan by die dierehospitaal gaan inloer. Die verpleeghasies, die hennesusters en dokter Slurp sal jou lagspiere kielie en jou blitsvinnig lagfiks en gesond kry! Dis die ideale medisyne teen alle kwinte en kwale!

 


Het jy geweet daar's 'n gaatjie in die middel van die see? En het jy al gehoor van Gaggavrotstad? Die stories vol byklanke en liedjies is ' n ware belewenis. Kom deel in al Merlyn se pret en avonture! Stories op die CD: Onder die see, ja; Atlantis; Merlyn - die Begin; Oom Oktavius; Skooldae; Gaggavrotstad; Opsaal; Walvis-avontuur; Die Springbokkems; Poseidon.


Boer Frans se plaas le lekker knus langs 'n klein stroompie ver van die stad af. Op die plaas bly baie diere gelukkig saam. Lochner de Kock vertel van al die diere se avonture op boer Frans se plaas. Stories op die CD: Gertjie se uitstappie; Hansie vlieg weg!; Manie Muis skrik groot; Boel en Dolla; Ses stoute varkies; 'n Indringer op die plaas.

 

 

'n Wit olifantjie, 'n hen wat wou kraai. Jy sal kennis maak met splinternuwe karakters en menige avonture met hulle meemaak. Sluit by hulle aan op hul reise, deel in hul avonture en ontdek 'n skatkis van stories om jou na sprokiesland weg te voer. Lochner de Kock vertel al jou gunstelingsprokies! Kom luister saam! Die stories op die CD: Lea se Boom; Die Lied van die Hen; Tot Stinkie se Redding; Die Duisendpoot en die Slak; Frederik en Kuifie; Kameelperd en Sebra; Katryntjie Kekkel; Jabba die Wit Olifantjie; Meteoor die Drakie; Lenet se Ponie (Bonussnit).

 

   

Diep, diep in die hart van Droombos, daar waar net bosdiertjies, feetjies en kabouters woon en waar kindertjies net in hul drome kan kom, het daar eendag 'n baie spesiale lelie begin blom. Maak toe jou ogies, luister fyn en kom kuier saam in Droombos. Volume 1: Droombos se nuwe prinsessie; Reenboogfeetjie se ongeluk; Talienkie Tandmuis en die dief; Klaas Vakie se lang nag; Diep in Droombos.

 

Vier 30 jaar van Storieman met hierdie spesiale aanbieding van al 6 boeke in een sakkie. Dit is 'n handige versameling van die volledige reeks, met al die boeke en CD's in een pak, teen 'n spesiale afslagprys - 6 boeke vir die prys van 4. Sluit 6 boeke en 18 oudio CD's in.




" Na Bo "


KOPIEREG 2009-2018 KLEUTERS.   ALLE REGTE VOORBEHOU.